Dit klink vanselfsprekend, maar hoeveel van ons lees regtig die hele dokument deur, wanneer ons ?n ellelange kontrak onderteken? Wat gebeur as jy ?n kontrak blind teken sonder om dit te lees? Ons howe gaan jou optrede nie kan verskoon of jou kan help nie.

 

Dit klink vanselfsprekend, maar hoeveel van ons lees regtig die hele dokument deur, wanneer ons ?n ellelange kontrak onderteken? Wat gebeur as jy ?n kontrak blind teken sonder om dit te lees? Ons howe gaan jou optrede nie kan verskoon of jou kan help nie.

Dit klink vanselfsprekend, maar hoeveel van ons lees regtig die hele dokument deur, wanneer ons ?n ellelange kontrak onderteken? Wat gebeur as jy ?n kontrak blind teken sonder om dit te lees? Ons howe gaan jou optrede nie kan verskoon of jou kan help nie.

Hier het ?n huurder ?n restaurant in ?n besige winkelsentrum van die eienaar (en vorige huurder) gekoop. Hy het nooit die bestaande huurkontrak gelees nie en het net aanvaar dat die gebruik van die aangrensende binnehof by die huur ingesluit was. Die vorige eienaar het hom onder hierdie indruk gebring, hoewel daar geen melding hiervan in die skriftelike huurkontrak was nie. Hy kon die Hof ook nie oortuig dat hy op enige ander basis geregtig sou wees om die binnehof te gebruik nie.

Die Hof bevind dat enige redelike persoon wat hom in die posisie van die huurder sou bevind, ten minste die huurkontrak sou deurgelees het om sy regte en verpligtinge as huurder vas te stel. Die Hof verleen dan ?n uitsettingsbevel wat die huurder verplig om die binnehof te ontruim.

Die goue draad

Indien jy enigsins onseker is oor enige bepaling in ?n kontrak wat jy moet teken, neem behoorlike advies voordat jy jou hand op papier sit om dit te onderteken!

TOEGANG TOT STRAND AFGESLUIT? ONTWIKKELAARS EN DIE REG VAN WEG

Strandganger ? Jou regte
Vir solank as wat jy (en jou grootouers en al die ander inwoners van die omgewing) kan onthou, het die publiek vrye toegang tot ?n spesifieke pad geniet en so toegang tot die strand gehad. Dan koop ?n ontwikkelaar die grond waardeur die pad loop, toegang tot die pad word kort daarna afgesper, hekke en valhekke word opgerig en toegang word slegs aan permithouers verleen. Watter regte is tot jou beskikking?

Hierdie geval is onlangs in die Hoë Hof aangehoor waar die plaaslike belastingbetalersvereniging die Hof genader het. Die Hof beslis dat die algemene publiek ?n erkende serwituutsreg van weg deur geslagtelange gebruik oor die private grond gevestig het. Die publiek kon dus nie eensydiglik deur die ontwikkelaar van hierdie reg ontneem word nie.

Ontwikkelaars ? die gevare

Neem kennis van die moontlike gevare hierin. Ons reg erken reeds vir eeue lank die bestaan van sulke ongeregistreerde toegangs- en gebruiksregte oor private grond. Hierdie aansprake is dus nie noodwendig formeel in die Aktekantoor of op die betrokke titelakte van die grond geregistreer nie, maar dit is nietemin afdwingbaar teenoor die eienaar.

In hierdie betrokke geval het die Hof die getuienis aanvaar dat die grond reeds sedert 1795 as publieke deurgang na die strand gebruik is. Gevolglik het die Hof die ontwikkelaar beveel om sondermeer aan die algemene publiek onverhinderde deurgang na die strand te verleen en te herstel.

As gevolg van die spesifieke omstandighede en die optrede van die ontwikkelaar, is hy ook beveel om die regskostes op ?n bestraffende skaal soos tussen prokureur-en-kliënt te betaal.

Reg van weg ? wat moet jy bewys?

Hou eerstens in gedagte dat ons hier met ?n publieke reg van weg te make het ? ander reëls sal van toepassing wees waar daar ?n private reg van weg ter sprake is.

Tweedens, het die Hof hier sterk daarop klem gelê dat die enigste alternatiewe pad die voetgangers aan ?n baie langer staproete in uiterste hitte sou blootstel. Volgens die Hof sou dit onmenslike gevolge vir die voetgangers inhou en is dit, soos die hof dit self stel : ?without any doubt against the idealistic notions of 'ubuntu'??(?humaneness?)?.

Ten einde ?n weerlegbare vermoede te vestig dat ?n publieke serwituut oor grond bestaan, sal jy die volgende moet bewys - 1. Dat die algemene publiek op ?n deurlopende en ononderbroke basis die reg van weg uitgeoefen het. 2. Dat die eienaar en sy opvolgers nie ingemeng het met die algemene publiek se uitoefening van hierdie reg van weg nie. 3. Dat die betrokke aktiwiteit of gebruik reeds vir geslagte lank sonder teenstand uitgeoefen word. Die aanspraakmaker sal moet aantoon dat die reg reeds vir ?n minimum tyd van 30 jaar deur die algemene publiek geniet word en uitgeoefen word. Finale opmerking: In hierdie betrokke geval was toegang tot ?n strand ter sprake. Die algemene regsbeginsels sal egter op alle aansprake van ?n openbare reg van weg van toepassing wees.