The Institute of Estate Agents SA (IEASA) het aan Cape Times gesê minstens agt diefstalle is die afgelope twee maande in die stadskom, Observatory, Pinelands en Mowbray aangemeld.

 

The Institute of Estate Agents SA (IEASA) het aan Cape Times gesê minstens agt diefstalle is die afgelope twee maande in die stadskom, Observatory, Pinelands en Mowbray aangemeld.

Dianne Brock van die IEASA sê dit lyk asof een man by al die voorvalle betrokke was.

?n Potensiële "kliënt" ontmoet die eiendomsagent en word deur die huis geneem. Die agent se aandag word dan afgelei deur ander kliënte wat die huis besoek.

Brock sê die aanvanklike "kliënt" stap dan op sy eie deur die huis en steel klein items. Dié goedere sluit skootrekenaars, tablet-rekenaars, selfone, juwele en iPods in.

Luidens die berig kon die polisie nie die voorvalle bevestig nie.