Verkopers van eiendomme, verhuurders en eiendomsagente - jul eiendomstransaksies gaan onderhewig wees aan hierdie wetgewing, so vergewis jou van die inhoud daarvan en kom op hoogte met die relevante bepalings.

 

Verkopers van eiendomme, verhuurders en eiendomsagente - jul eiendomstransaksies gaan onderhewig wees aan hierdie wetgewing, so vergewis jou van die inhoud daarvan en kom op hoogte met die relevante bepalings.

Indien jy nie aan die bepalings voldoen nie, is jy op risiko. Ooreenkomste wat in stryd met die bepalings van die Verbruikerswet is, kan ongeldig verklaar word. Administratiewe boetes en selfs strafregtelike vervolging kan jou voorland wees vir oortredings van hierdie wetgewing.

Verder bring die verbruikersbeskerming nuwe beperkinge en risiko's mee. In onlangse mediaberigte word gespekuleer dat die hele eiendomsbedryf dalk negatief geraak kan word deur die wetgewing; 'n ondertoon van paniekerigheid blyk uit hierdie beriggewing.

Dit is nie nodig vir paniek nie. Die risiko's bestaan ongetwyfeld, maar is hanteerbaar. Verkry leiding en advies indien jy dit nog nie gedoen het nie.

Die Wet op Verbruikersbeskerming sal nie op die volgende transaksies van toepasing wees nie: ? Bestaande ooreenkomste word in wese nie deur die wetgewing geraak nie, behalwe dat: - i. Enige bestaande vastetermynooreenkoms wat nog op 31 Maart 2013 of daarna in werking is, sal gedeeltelik onderhewig wees aan die wet. ii. Regsaanspreeklikheid vir enige bewese skade voortspruitend uit die verskaffing van defektiewe goedere is al reeds van 24 April 2010 in werking.

? Die Wet op Verbruikersbeskerming reguleer die verskaffing van goedere en dienste in die gewone loop van 'n verskaffer se sakebedrywighede. Dit is dus voorsienbaar dat die meerderheid van private of eenmalige eiendomstransaksies tussen individuele partye vrygestel sal wees van die bepalings van die wet. Eiendomsagente sal egter wel moet voldoen aan die wet wat hul koopooreenkomste, bemarkingspraktyke en verkoopsmandate aanbetref. ? Nie alle deelnemers aan die handelsverkeer word beskerm nie. Die Wet het ten doel om die volgende verbruikers te beskerm:- i. Individue (natuurlike persone), en ii. Kleiner "regspersone" (maatskappye, korporasies, vennootskappe/trusts met bates of jaarlikse omsette onder die neergelegde drempel - voorlopig is dit op R3 miljoen vasgestel).

? Dit is te verstane dat veral verhuurders ongelukkig is met die bepaling dat langtermynhuurkontrakte nie vir langer as twee jaar gesluit kan word nie. Huurders sal voortaan geregtig wees om te enige tyd slegs 20 besigheidsdae kennis te gee van die kansellasie van hul ooreenkoms, onderhewig aan die heffing van 'n redelike kansellasieboete, tot 'n maksimum van 10% van die oorblywende kontrakwaarde. Die silwer randjie vir verhuurders is dat hierdie bepalings slegs vir individue geld, en glad nie op regspersone (soos omskryf) van toepassing is nie, ongeag hul omsets- of batewaarde. Diegene wat tot nou toe uitgestel het - dit is nou tyd om op hoogte te kom met hierdie wetgewing. Jy moet bepaal watter risiko dit vir jou en jou besigheid inhou en hoe om hierdie risiko te bestuur