Die huidige situasie is as volg en vars uit die oond.

 

Die huidige situasie is as volg en vars uit die oond.

Die Wetgewer het vandag in PARLEMENT laat weet (en neem kennis dat alles tans nog net bespreek word en in Groen skrif is) dat die bewoording soos hy tans staan wel beteken dat alle huise wat uit verhuur word belas moet word MAAR dat dit nie die intensie was om dit so te bewoord nie en bewoording verander gaan word. Na al die klagtes en verwarring bleik die volgende in die groen skrif verander te word naamlik dat Gaste huise en mense wat hulle huise uit verhuur vir vakansie doeleindes belas sal word en nie die gewone belegger nie.

Dus, soos sake nou verander het lyk dit of beleggers en mense wat hulle hard verdiende geldjie gebruik het om tweede eiendom te koop en te verhuur met die doel om so 'n inkomste te verdien veilig is.