Volgens ?n voorgestelde wysiging van die Wet op Munisipale ¬Eiendomsbelasting sal mense wat residensiële eiendomme verhuur voortaan teen ?n veel hoër saketarief aangeslaan word.

 

Volgens ?n voorgestelde wysiging van die Wet op Munisipale ¬Eiendomsbelasting sal mense wat residensiële eiendomme verhuur voortaan teen ?n veel hoër saketarief aangeslaan word.

Die departement van samewerkende regering het verlede maand ?n wysigingsdokument in die Staatskoerant gepubliseer. Daar kan nog tot 22 Julie daarop kommentaar gelewer word.

Ben Espach, ?n kenner van munisipale eiendomsbelasting wat betrokke was by die opstel van die aanvanklike wet, voorspel die herdefiniëring van residensiële eiendom in die wet gaan ?n beduidende impak op individue hê.

Die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting is in 2004 in die lewe geroep, maar munisipaliteite het dit eers op 1 Julie 2008 in werking gestel.

Volgens die nuwe definisie sal ?n eiendom wat gebruik word om mense ?wat nie die eienaar is nie? vir ?n finansiële voordeel te huisves, nie meer as ?n residensiële ¬eiendom aangeslaan word nie.

Espach het gesê die wysiging sal beteken dat ?n inwoner wat tans ?n eiendom van R1 miljoen in Pretoria (in die Tshwane-metro) verhuur, se eiendomsbelasting van R622 per maand tot R2015 die hoogte in sal skiet.

In Johannesburg sal dié belasting van R372 tot R1533 styg vir ?n eiendom van dieselfde waarde.

?Dit kan individue erg benadeel. Daar is byvoorbeeld pensioentrekkers wat ?n tweede eiendom as belegging verhuur. Baie mense sal nie meer eiendomme kan verhuur nie.?

Hy meen die wysiging is onder meer gemik op maatskappye wat blokke woonstelle as beleggings besit.

Espach het gesê dit bly ?n ope vraag hoe munisipaliteite gaan vasstel watter eiendomme verhuur word. ?In sekere gevalle sal munisipaliteite dié inligting bekom, maar baie ander sal deur die net glip.?

Daar word nie in die wysigingsdokument voorgestel dat inwoners verplig word om die inligting aan munisipaliteite te verskaf nie.

Beheeragente van deeltitelkomplekse en tyddeelskemas word wel nou gedwing om ?sekere inligting? aan die munisipale waardeerder te verskaf.

Die definisie van landbougrond word volgens Espach duideliker uiteengesit in die wysigingsdokument.

Daar was verlede jaar groot ongelukkigheid toe talle munisipaliteite hoewe-eienaars deur die bank ?n residensiële heffing vir ¬eiendomsbelasting laat opdok het sonder dat daar vasgestel is of landbou-aktiwiteite daarop beoefen word.