'n Verkoper wat huurders in sy eiendom gehad het, kan tot sy skok agterkom dat hierdie skulde bedrae insluit wat die huurders sonder sy wete laat oploop het. Indien die uitstaande bedrae binne die twee jaar periode val, sal die eienaar aanspreeklik gehou word vir die munisipale skulde en sal moet betaal ten einde die uitklaringsertifikaat te kry, ongeag wie die skulde veroorsaak het.

Ten minste word hierdie risiko tot twee jaar beperk. Die Hoogste Hof van Appèl het onlangs tot die redding van 'n verkoper gekom en hierdie beperking van twee jaar in sy uitspraak bevestig.

Hier het 'n plaaslike owerheid die verkoper probeer verplig om die oudste skulde eerste te vereffen, deur alle betalings aan die oudste skulde toe te deel en deur te weier om aan te dui watter gedeelte van die skulde binne die twee jaar periode val.

Die hof bevind dat die munisipaliteit dit nie kan doen nie. Die munisipaliteit is verplig om: - 1. Aan die eienaar aan te dui watter gedeelte van die skulde binne die twee jaar periode val; en 2. 'n Uitklaringsertifikaat uit te reik sodra betaling van hierdie gedeelte van die skulde (afgelope twee jaar s'n) vereffen is. (Plaaslike owerhede behoort dus weereens hul kredietbeleid en skuldinvorderingsprosedures na te gaan. Agterstallige skulde wat naby die twee jaar perk kom, gaan slegs met moeite ingevorder kan word. Die tradisionele gebruik van die uitklaringsertifikaat om agterstallige skulde van 'n verkoper te vorder, gaan slegs die afgelope twee jaar se skulde verseker.)